Play. Learn. Grow.
separation anxiety | bullying | anger outbursts | bereavement | loss | low self-esteem | divorced parents | nightmares
"Big and small, we play through it all."
Testimonials
My seun het Esmari begin sien nadat hy skielik aan ‘separation anxiety’ begin ly het. Hy was 11 jaar oud, my ma was baie siek, na lockdown, maskers en ‘n onsimpatieke onderwyser en ewe skielik kon hy nie by die skool instap nie. Dit was baie erg dat ‘n uitgaande, self versekerde jong seuntjie meteens met sulke erge anstigheid gesukkel het. Ons het so gou moontlik ‘n afspraak gemaak by Esmari toe ons besef ons kan dit nie alleen hanteer en hom help nie. Esmari was ongelooflik van dag een - haar afspraak met ons as ouers was deeglik en gemaklik. My seun het elke sessie saam haar geniet en sy het sommer van dag 1 geweet hoe om hom te benader en help. Hy wou verstaan hoekom hy so voel en hoe om dit te keer. Sy het hom gehelp om weer beheer te vat van sy emosies en vrese en vaardighede aangeleer om elke situasie te hanteer. Hy het haar vir omtrent 10 sessies gesien, maar ons het merkwaardige verskille van die eerste sessie gesien. Vandag, ‘n jaar later, is hy ‘n sterk, self versekerde jong seun, kaptein van die 1ste rugby span - praat hy openlik oor sy uitdagings en hoe hy geleer het om dit te hanteer. Dankie Esmari, dat jy hom ‘normaal’ laat voel het en hom ‘coping skills’ geleer het wat hy sy lewe lank sal toepas.